INN ON RUPURARA

Baie besonderse boetiekhotel in die Nyanga-berge van Zimbabwe  

Die Inn on Rupurara in Nyanga, Zimbabwe, is ‘n sjarmante plattelandse hotel wat alreeds ‘n paar gesogte toekennings sedert September 1997 (toe die hotel sy deure oopgemaak het), ingepalm het. Hulle is o.a. al twee keer as die Beste Plattelandse Oord aangewys deur die Association of Zimbabwean Travel Agents. Die Inn is so op die landgoed geplaas dat ‘n mens die maksimum uitsig oor die natuurlike plantegroei, omringende berge en die ryk verskeidenheid wild in Nyanga, Zimbabwe, kan geniet.

By die Inn on Rupurara in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe, gaan gaste in 17 en suite lodges tuis. Die lodges is almal van hout en klip met ‘n Kaapse plattelandse voorkoms. Ses suites kyk uit op ‘n watertoneel in die ruie vallei, terwyl die oorblywende suites op die vallei, vol Msasa-bome en ruwe berge uitkyk. 

Gaste kan in een van twee sitkamers ontspan by die Inn on Rupurara in die Nyanga-berge. Een van die sitkamers het ‘n groot erker (“bay window”) wat ‘n wonderlike uitsig op die omringende berge bied. Geniet ‘n drankie by Trevor’s Wine Bar voor jy aansit vir die watertandgeregte wat in die eetkamer van die Inn on Rupurara bedien word. Hulle uitstekende kombuis is ‘n gunsteling onder die plaaslike en internasionale besoekers aan Nyanga en die Oostelike Hooglande van Zimbabwe.

As jy net nie sonder ‘n braai kan oorleef nie, bied die Inn on Rupurara braaigeriewe vir gaste aan. Geniet die sauna as jy stywe spiere as aandenking van jou perd- of ponierit het. Die swembad kyk uit op ‘n natuurlike waterval naby die hotel.

Die Inn on Rupurara kan ook klein troues en konferensies vir tot 18 mense aanbied. Die konferensiegeriewe is toegerus met al die noodsaaklikhede, wat VCR, TV, oorhoofse projektor en blaaibord insluit.

Geniet die natuurskoon van die Oostelike Hooglande van Zimbabwe gedurende jou verblyf by die Inn on the Rupurara terwyl jy in die berge stap, op ‘n ponietrek gaan, ‘n forel probeer vang, wild besigtig, voëls kyk, gholf speel (by die Montclair Casino Hotel en Claremont Gholfbane) of selfs “river rafting” op die stroomversnellings waag. Vir gaste wat in meer akademiese dinge belang stel, is daar talle ruïnes en terrreine van argeologiese belang naby die Inn on Rupurara. Besoek ook gerus die Pungwe- en Mtarazi-watervalle, wat albei naby die Inn on Rupurara in die Nyanga-berge in Zimbabwe is.

GPS: 18 19 55S, 32 40 28E
TEL: 27 (0) 21 855 082





  

 

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

As jy na Harare vlieg mag dit jou loon om eers n nag in die stad te vertoef voordat jy na die Oostelike Hooglande vertrek. In Harare is die Rainbow Towers Hotel wat voorheen bekend was as die Sheraton hoteldie pefekte vyfster akkommodasie. As jy in Bulawayo land kan jy oornag in die Churchill Hotel 5 km van Bulawayo se middestad onderweg na die Farmhouse in the Matopo Hills National Park.

NAMIBIe HOTELS

Die Swakopmund Hotel en vermaaklikheid sentrum in Swakopmund Namibië is die dorp se beste hotel. Swakopmund se hotelle en ander akkommodasie maak vrylik gebruik van Duitse argitektuur.. Mazambala Island Lodge in die Caprivi goeie akkomodasie lang of in die Kwando Rivier. Windhoek Country Club en Casino is Namibië en Windhoek se eerste en tot nou toe enigste vyfster hotel. Jy sal waarskynlik ook Etosha Nasional Park wil besoek en hier beveel ons Okaukuejo aan as jou akkommodasie.

BOTSWANA AKKOMMODASIE

Cresta Lodge in Gaborone Botswana.  Cresta odge is een van die gewildste hotelle in Gaborone..

Woodlands Stop over is naby Francistown in Botswana.  Hierdie lodge bied selfsorg akkommodasie en kampering.